Terminogie en 'n Bietjie Geskiedenis


Terminologie 


Baie mense praat van “diatome” wanneer hulle “diatomiet” bedoel. Die diatoom is die piepklein eensellige alg (planktonplantjie) met ʼn deursnit van tussen 5 en 200 mikrometer3 (etlike miljoene van hulle pas in ʼn teelelepel in) wat die diatomiet-skelet vervaardig uit silikon wat hulle onttrek uit die water waarin hulle leef.


Elektronmikroskoopfoto van 'n diatoom: Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Diatom

Mikroskoopfoto van Diatomietstukke. Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Diatomaceous_earth

In Engels staan diatomiet onder andere bekend ad “diatomacious earth”, “D.E.”, of “DE” , asook “Fuller’s earth” “white earth”, “Tripolite” en verskeie ander terme, maar die term “diatomite” (korrekte term in die geologie) vind stadigaan meer inslag.

Die Duitse term “Kieselguhr” is ook algemeen bekend. Onder hierdie naam is die produk deur Alfred Nobel gebruik om as absorbeerder vir Nirogliserien te dien en sodoende diamiet te stabiliseer en veilig te maak vir vervoer.

ʼn Relatief onsuiwer vorm van diatomiet word in Deens “moler” genoem





ʼn Bietjie geskiedenis.

Diatomiet is al baie eeue lank aan die mens bekend.                                                                                                       Die volgende is geen volledige geskiedenis nie, net 'n paar interessanthede, en die feitelike korrektheid word nie gewaarborg nie

Die antieke Sjinese het diatomietpoeier as insekdoder, oesbeskermer en babapoeier gebruik.  Kryt (bordkryt) met diatomiet word vandag nog in Sjina vervaardig as insekdoder.

Die antieke Grieke het dit gebruik as skuurmiddel in die boubedryf om liggewig boublokke en stene te maak. Dit word tans nog steeds as skuurmiddel gebruik in tandepasta, seep, handreiniger vir mans, gesigreiniger vir dames, ens. Deesdae word dit veral in Sjina in poeiervorm  in liggewig-sementmengsels gebruik. 

Een van die vroegste christelike katedrale wat in Griekeland gebou is, was die Sofia-katedraal in Konstantinopel (Tans Istanboel, Turkye). Toe die Turke die Griekse ryk oorneem, het hulle gevind dat die Katedraal onderhoudswerk nodig het. Die gebou se houtdak was te swaar en het die mure begin omdruk. Die kontrakteurs uit Europa het voorgestel dat diatomietblokke vir die konstuksie van ʼn nuwe koepeldak gebruik word. Die diatomietdak was baie ligter as hout en was die korrekte oplossing, maar die dak moes natuurlik waterdig gemaak word. Later is minarette buite-om die katedraal aangebring en dit is in ʼn moskee verander. Tans dien die Haga Sofia as ‘’n museum, maar daar is druk deur godsdiensgroepe op die Turkse regering om dit weer ʼn moskee te maak.



In ongeveer 1836 (ongeveer dieselfde tyd toe die Groot Trek in Suid Afrika plaasgevind het), is 'n diatomiet-neerslag naby Luneburg in Duitsland gevind deur . ene Peter Kasten. Dit het die bewustheid van diatomiet in Duitsland weer aangewakker. 

In 1866 ontdek Alfred Nobel dat nitrogliserien grootliks gestabiliseer kon word deur dit in diatomiet te absorbeer. Dit beteken veiliger vervoer en hantering as rou nitrogliserien. Hy patenteer sy uitvinding in 1867 as dinamiet .


Tot ongeveer 170 jaar gelede nog het die besoedelde water van die Europese stede allerlei siektes soos tifoïed en cholera veroorsaak. Mediese dokter John Snow bewys in 1854 dat die siektes deur besmette water veroorsaak word. In 1848 ontwikkel Charles Chamberland in Frankryk ʼn diatomiet-waterfilter met porieē wat kleiner is as die bakteriē, en hulle dus kan uitfiltreer. Sy tydgenoot Wilhelm Berkefeld in Duitsland slaag daarin om die dodetal in die cholera-epidemie van 1892 in Hamburg drasties te verminder deur die gebruik van die Berkefeld waterfilter.

Die foto hierbo (bron: BBC) toon ʼn Chamberland-waterfilter en ʼn Berkefeld- waterfilter. Elke filter bestaan uit twee kompatemente waaarvan een kompartement ʼn kersvormige filterelement bevat (aan weerskante van die filters aangetoon) . Gesuiwerde water word dan uit die buitenste kompartement getap.

As filtreermedium word diatomiet vandag nog gebruik om bier, wyn, water, heuning, biobrandstof en ander vloeistowwe te filtreer, om swaar metale uit vloeistowwe te verwyder, ens.


In 2014 doen Jiao Jin, Chenghui Zheng en Huaming Yang navorsing in die Volksrepubliek van Sjina oor die moontlikhede om natuurlike diatomiet te wysig om te dien as waterstof-stoormedium. Hulle ontwikkel 'n metode om platinum (Pt) en palladium (Pd) nanopartikels te versprei op die oppervlak van diatomiet en suur-termies geaktiveerde diatomiet (A-diatomiet). Behandeling van die diatomiet met paladium (Pd) en platinum (Pt) maak dit maklik om die waterstof te laat adsorbeer en dit weer later vry te stel soos nodig, bv om as brandstof te dien in enjins wat met waterstof-brandstofselle toegerus is.   Dit maak dit sedert ongeveer 2018 moontlik om  lokomotiewe  trems, passasiersvoertuie en swaar industriële voertuie koste-effektief op waterstof te laat loop.


In Oktober 2019 kondig Anglo-American dan ook aan dat hulle Suid-Afrikaanse platinum-myne binnekort voorsien gaan word van Reuse-mynvragmotors wat  waterstof-brandstofselle sal benut.  

https://www.smart-energy.com/industry-sectors/smart-energy/engie-anglo-american-to-create-the-worlds-first-hydrogen-powered-haul-truck/