Peste en Plae


SPRINKANE

Is ʼn sprinkaanplaag op pad hierheen?

Op 13 Januarie 2020 berig Russia Today (RT):

Huge swarm of grasshoppers splatter plane cockpit, force pilots to abandon landing and divert (PHOTOS) 

Huge swarm of grasshoppers splatter plane cockpit, force pilots to abandon landing and divert (PHOTOS)

File photo © GlobalLookPress/imageBROKER.com/Harry Laub

An Ethiopian Airlines flight from Djibouti was forced to divert after running afoul of an enormous swarm of grasshoppers mid-air, splattering the engines and cockpit with insects and seriously hampering the pilots’ visibility.

The initial encounter on January 9 was light enough that the pilots decided to continue on to their destination of Dire Dawa, but then hit a second and much heavier volley of the insects, according to local reports.

The crew tried landing at their destination twice with an insect-splattered windshield, before abandoning the airspace to the grasshoppers and diverting to Addis Ababa, where the flight landed safely some 30 minutes later. Photos of the aircraft show how much the pilots’ visibility was reduced after the grasshopper strike.

طائرة #الخطوط_الأثيوبية ، رحلة ET363# ، من نوع B737-700 تصطدم بأسراب الجراد أثناء الهبوط التدريجي لمطار ديرداوا قادمة من جيبوتي. قائد الطائرة قرر المواصلة والهبوط بسلام #اخبار_الطيران ✈️ pic.twitter.com/YsyvlIAWmj

— عشاق عالم الطيران (@AviationWG) January 12, 2020

Big swarms of insects pose a range of safety concerns for aircraft, as they can block up engine parts and seriously limit pilot visibility.

The UN’s Food and Agriculture Organization recently issued an alert about major locust and grasshopper invasions in the Horn of Africa.

https://www.rt.com/news/478137-grasshoppers-plane-landing-divert/



Hoe bestry ‘n mens so ‘n plaag?

Chemiese Insekdoders vernietig die omgewing

Die gebruik van chemiese insekdoders om sprinkane te bestry, kan vernietigende gevolge hê.

Die volgende kommentaar hieroor deur Edward Dwyer verskyn op 7 Desember 2010 op

 (Volledige artikel: http://hulp.landbou.com/bedrywe/tuinbou/plaagdoders-kan-omgewing-knou/ )

 

Paddas en sprinkane
Ekosisteme bestaan uit verskillende voedselkettings wat op hulle beurt weer uit verskillende trofiese vlakke bestaan. As voorbeeld hiervan word die volgende voedselketting voorgehou: Gras – sprinkaan – padda – slang – arend. Indien gif gebruik word om ’n sprinkaanplaag uit te roei, kan paddas die vergiftigde sprinkane vreet en sodoende vergiftig word. Op hierdie wyse word die betrokke gif deur al die trofiese vlakke gedra totdat die roofvoëls uiteindelik uitgewis word. Dit is ’n bekende feit dat gif al hoe meer gekonsentreerd raak soos wat dit deur die trofiese vlakke na bo beweeg.

Die gevolge hiervan is die volgende:
• ’n Hele ekosisteem word vernietig;
• Grond word deur die verrotting van die karkasse vergiftig;
• Waterbronne word besoedel; en
• Ander gediertes kan in die afwesigheid van roofvoëls ’n oorlas raak.

 

Dít is die rede waarom so baie klem daarop geplaas word om gifstowwe oordeelkundig te gebruik. Die voorafgenoemde situasie kan vermy word indien slegs gif gebruik word wat nie ’n nawerking het nadat die sprinkaan dit ingeneem het nie, maar dadelik binne die sprinkaan afbreek.

 Swaar metale (byvoorbeeld kwik en groot konsentrasies andersins veilige elemente, soos koper) en bio­doders (insek- en swamdoders) wat as gifstowwe gebruik word, kan as onsigbare besoedelingstowwe beskou word, maar dit is in die meeste gevalle uiters gevaarlik. 

http://hulp.landbou.com/bedrywe/tuinbou/plaagdoders-kan-omgewing-knou/ (artikel herwin op30 Jan 2020)

 

IS DIATOMIET DIE ANTWOORD?


Die gebruik van diatomiet in plaas van gifstowwe het die volgende voordele:

• ’Diatomiet is omgewingsvriendelik.  Die ekosisteem word behou soos dit is;
• Grond word nie verfiftig deur die verrotting van die karkasse nie.  Die karkasse is nie vergiftig nie en is veilig vir aasdiere om te vreet;  
• Grondword gevoed deur die diatomiet                                                                                                                             •  Waterbronne word nie besoedelnie;
•  Roofvoëls word nie vergiftig nie.                                                                                                                                       •  Diatomiet hou nie gesondheidsgevare vir mens, dier en plant in nie. Dit is 'n natuurlike, organiese produk wat geen chemikalie bevat nie.  Lees meer hieroor op die Veiligheidsdatablad hierbo.

Die gebruik van Diatomiet hou na ons wete en na alle getuienis tot ons beskikking geen nadele vir mense of diere of plante in nie  BEHALWE BY OORMATIGE INASEMING, wat onwaarskynlik maar wel moontlik is indien die onderstaande voorstel gevolg word..


ONS VOORSTEL VIR OPTREDE TEEN 'n SPRINKAANPLAAG:

Ons stel voor dat, GEEN CHEMIKALIË  of insekdoders gespuit word nie in geval van sprake van ‘’n sprinkaanplaag, maar eerder dat omgewingsvriendelike C- of selfs D-graad diatomiet vooraf d.m.v. bv. kunsmisstrooiers en/of vliegtuie oor die area gestrooi word waarheen die sprinkaanswerms moontlik op pad is.  

 VOORSORG



Stofmaskers/respirators

 Indien die diatomietstof per kunsmisstrooier gestrooi word moet almal wat by die strooiery betokke is of in die onmiddellike omgewing teenwoordig is, uitgereik word met stofmaskers of respirators, soos voorgeskryf in SABS-Standaard VC 8072:2003, Australiese/Nieu Zeelandse Standaard AS/NZS 1715/1716, asook VSA-Standaard vir Filters 42CFR84 (Reeks N95) of ander toepaslike standaard. 

Indien die diatomietstof per vliegtuig gestrooi word moet almal wat moontlik die stof kan inasem, uitgereik word met stofmaskers of respirators, soos voorgeskryf in SABS-Standaard VC 8072:2003, Australiese/Nieu Zeelandse Standaard AS/NZS 1715/1716, asook VSA-Standaard vir Filters 42CFR84 (Reeks N95) of ander toepaslike standaard. Sulke  stofmaskers of respirators moet verskaf word aan, en moet op die korrekte wyse gedra word deur alle persone wat op die plaas of die onmiddellike omgewing daarvan teenwoordig is/sal wees  ten tye van die strooiproses, ten einde oormatige inaseming van stof  te verhoed.

Diatomiet kan ook as 'n natmodder gespuit word deur middel van bv 'n spilpuntstelsel, maar die nossels moet verwyder of vervang word omdat hulle maklik verstop, en die mengsel moet gedurig geagiteer word omdat die diatomietin die water afsak.  Die diatomiet is dan ook net aktief as dit droog geword het.  

Oogbeskerming:    Die gebruik van chemiese-tipe veiligheidsbrille word aanbeveel, ten einde te voorkom dat stof in mense se oë kom.

Aanpassings aan vliegtuie:  Vliegtuie wat vir oesbespuiting gebruik word is gewoonlik toegerus met 'n stelsel van pype en nossels waardeur 'n vloeistof gepomp word.  Vir Diatomiet, wat 'n poeier is, moet die nossels uitgehaal word of vervang word of moet die  vliegtuig aangepas word soos nodig vir fyn poeier.

Syfers:  Strooi op verkieslik ʼn windstil dag teen 6 tot 18kg/ha.    Sodra die swems op die diatomiet gaan sit of daaroor kruip sal die diatomiet hulle op meganiese wyse verwond en binne ure uitdroog. Sodra die swerms in ‘’n gebied verskym, kan hulle ook per vliegtuig van bo-af bestuif word, indien moontlik Die swerms kan tot 200 meter hoog vlieg, en vorder ongeveer 120 km per dag, wat beteken dat die vliegtuig hoër as dit moet vlieg om te voorkom dat sprinkane in die enjin(s) beland. Strooi weer 6 tot 18 kg/ha bo-op of oor swerms. Die hoeveelheid per hektaar kan aangepas word soos u goeddink.  1 kg diatomiet is ongeveer 2.5 liter.  

U kan nie verloor deur diatomiet op u oeste te strooi nie.  Selfs niee as die sprinkane nie kom nie.  Dis net die goggas wat verloor. Die wateroplosbare silikon in die diatomiet op gewasse se blare word deur die blare opgeneem as voedingstof, en die wateroplosbare silikon in die diatomiet op die grond word deur die wortels opgeneem.


LET WEL:  Hierdie is bloot ʼn voorstel en is nie ʼn beproefde metode nie. Die verkopers van die Diatomiet kan NIE verantwordelik gehou word vir wat u daarmee doen of vir die uitslae wat u bereik nie.



 


 


 


 Ons werk nog aan hierdie bladsy